Nuwe 737-800 Boeing om na eiland St. Helena te reis

Nuwe 737-800 Boeing om na eiland St. Helena te reis

British Airways Comair het aangekondig dat hy ‘n nuwe 737-800 Boeing ter waarde van 47 miljoen dollar aangekoop het wat Suid-Afrikaners in staat sal stel om regstreeks na die eiland, St. Helena, te reis.

Die lugdiens se uitvoerende hoof, Erik Venter, sê dit sal ook toerisme ‘n hupstoot gee aangesien mense wat na die eiland wil gaan, via Suid-Afrika daarheen moet reis.

Hy sê dit is ‘n ongewone roete, maar dit sal tot voordeel van Suid-Afrika wees.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This