Nuwe banknote om Nelson Mandela te vereer

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank gaan gedenkbanknote vrystel om Nelson Mandela se eeufeesviering te vier.

Die spesiale note en 5 Rand muntstuk sal saam met bestaande note en munte versprei word en sal vanaf 18 Julie, Mandela se verjaarsdag, beskikbaar wees.

Die president van die bank, Lesetja Kganyago, sê Mandela het die beste kant van Suid-Afrikaners verteenwoordig en die eeufeesnote en –muntstukke sal sy nalatenskap vereer.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This