Die prokureur van die Baaise sakeman Christopher Panayiotou, wat daarvan aangekla word dat hy agter die huurmoord op sy vrou Jayde sit, het gister ‘n nuwe borgtogaansoek namens sy kliënt gebring.
Jayde is in April verlede jaar voor hul huis, waar sy vir ’n saamrygeleentheid gewag het, ontvoer.
Haar liggaam is die volgende dag met verskeie skietwonde in ’n verlate veld net buite Uitenhage aangetref.
Panayiotou is in Junie verlede jaar in die Baaise landdroshof borgtog geweier.