NVG wil steeds nie inligting uitlap oor die Ahmed Timol-saak

NVG wil steeds nie inligting uitlap oor die Ahmed Timol-saak

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat die voormalige veiligheidspolisieman, Jan Rodrigues, vandag in die Johannesburgse Landdroshof sal verskyn weens die moord op Ahmed Timol amper 47 jaar gelede.

Dié teen-apartheidsaktivis het in 1971 vanaf die 10de vloer van die John Vorster Plein-polisiestasie na sy dood geval.

Die 80-jarige Rodrigues sal van moord aangekla word, nadat die Hooggeregshof in Pretoria verlede jaar die bevinding van die geregtelike ondersoek in 1972 verander het vanaf selfdood na moord.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé