“Oefen godsdienstige en rasse-verdraagsaamheid dié Paasvakansie”

"Oefen godsdienstige en rasse-verdraagsaamheid dié Paasvakansie"

Die Nasionale Geloofsraad van Suid­-Afrika het ‘n beroep op Suid-­Afrikaners gedoen om godsdienstige en rasse-verdraagsaamheid tydens die Paasvakansie uit te oefen.

Die raad se president, Biskop Daniel Matebesi, sê dit is belangrik dat veral gelowiges godsdienstige vedraagsaamheid aan die dag lê, omdat hulle die reg het om hulle godsdiens uit te oefen.

Matebesi sê rassisme moet ook uitgeroei word.

Die oproep volg te midde van die ZCC-saamtrek by Moria in Polokwane en ander kerkdienste wat vandag gehou word.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This