Onderhandelings met Eskom, vakbonde vandag hervat

MUNISIPALITEITE IN NOORD-KAAP SKULD ESKOM R600 MIL.

Salarisonderhandelings tussen Eskom en drie vakbonde word na verwagting
vandag hervat.

Die kragvoorsiener bied nou 7% vir vanjaar en 6% vir die volgende twee jaar aan, terwyl die arbeidsmag steeds aandring op 8% in die eerste jaar.

Eskom het aanvanklik aangekondig dat hy geen verhogings kan bekostig nie, wat aanleiding gegee het ʼn staking ʼn paar weke gelede wat tot beurtkrag
gelei het.

Die mynwerkersvakbond, NUM, het reeds gedreig met ʼn nuwe staking indien ʼn ooreenkoms nie bereik word nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This