Ondersoek dokters oor siekteverlof – Holomisa

Ondersoek dokters oor siekteverlof - HolomisaDie leier van die UDM, Bantu Holomisa. Foto: Netwerk24

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, sê die dokters wat meer as 30 000 loodswaaiers in Oos-Kaapse staatsdepartemente vir lang tydperke op siekteverlof plaas, moet dringend ondersoek word.

Hy sê wanneer staatsamptenare op siekteverlof gaan, moet hulle deur verskillende dokters geëvalueer word.

Holomisa het volgens Netwerk24 gesê daar is ook gerugte dat wanneer dié amptenare op siekteverlof is, hulle elders werk of hulle eie ondernemings bedryf.

Hy het kommentaar gelewer nadat die Oos-Kaapse regering bekend gemaak het dat 32 000 staatsamptenare óf op 36 dae- óf op verlengde siekteverlof van meer as 96 dae is.

Premier Phumulo Masualle het sedertdien opdrag gegee dat alle LUR’e teen 15 Maart verslae indien oor hoe dié gevalle bestuur word.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This