Opposisiepartye teen kernkragaanlegte

Opposisiepartye teen kernkragaanlegte

Opposisiepartye het uitgevaar teen die regering se planne om kernkragaanlegte te bou.

Verteenwoordigers van Cope en die UDM het aangesluit by ‘n samekoms van drukgroepe by St George-katedraal wat deur die groep, Campaign for Justice,
gereël is.

Die groep sê hulle het begin met landswye dialoog met burgers oor die land se toekomstige energievoorsiening.

Cope se leier, Mosiua Lekota, sê hernubare energie is die toekoms, nie kernkrag nie.

Die aktiviste sê die land kan nie kernkragprojekte bekostig nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This