Opruimingsoperasies in Kimberley ná oorstromings

Opruimingsoperasies in Kimberley ná oorstromingsFoto: NewsLive.com

Spanne het met opruimingsoperasies in Kimberley in die Noord-Kaap begin ná oorstromings weens swaar reën in die gebied.

‘n Opgaardam in Galeshewe het weens die swaar reën gebreek en talle huise oorstroom.

‘n Aantal van die huise is steeds onder water, maar die meeste water het afgeloop.

Die Sol Plaatje-munisipaliteit sê hy werk onverpoosd om die vloedwater te hanteer.

Die munisipaliteit sê hulle aanvaar verantwoordelikheid vir die oorstromings, maar sê die dam is al jare lank ‘n probleem.

Die munisipaliteit beoog om die dam behoorlik te herstel sodat dit nie weer breek en huise oorstroom nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This