Oscar Pistorius se vonnis word verdubbel

KYK: Rolprent oor Oscar

Die Appèlhof in Bloemfontein het Oscar Pistorius se vonnis verleng tot 13 jaar en vyf maande.

Die voormalige Paralimpiese held dien tans ses jaar tronkstraf uit vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, maar die Staat het gemeen die minimum-vonnis van vyftien jaar moes gegeld het.

Die Hooggeregshof in Pretoria het hom aanvanklik skuldig bevind aan strafbare manslag, waarna hy tien maande van sy vonnis van vyf jaar uitgedien het voor hy in huisaanhouding vrygelaat is.

Die Appèlhof het die beslissing egter verlede jaar omgekeer na moord, waarna die Hooggeregshof hom ses jaar opgelê het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This