Die staat gaan vra dat Oscar Pistorius die minimum vonnis van 15 jaar opgelê word wannneer hy aanstaande maand vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, gevonnis word.
Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Luvuyo Mfaku, het aan Maroela Media gesê die staat sal aanvoer dat die vonnis gepas moet wees vir ‘n aanklag van moord.
Pistorius sal na verwagting op 18 April gevonnis word nadat sy laaste poging om teen sy skuldigbevinding in die Konstitusionele Hof misluk het.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.