Outa beskuldig regering daarvan dat hy kernkragooreenkoms wil stoomroller

Outa aanvaar Denton-verslag van Eskom

Die burgerlike aksiegroep, Outa, sê verwikkelinge by die Energie-indaba in Midrand dui daarop dat die regering wanhopige pogings aanwend om kernkrag van stapel te stuur en nie bereid is om enige teenstand die hoof te bied nie.

Die uitvoerende hoofbestuurder, Ben Theron, sê die Indaba is nie die openbare beraadslagingsgeleentheid wat dit voorgee om te wees nie aangesien die minister van energie besluit het wie mag deelneem.

Hy het bygevoeg dat Outa die proses, wat gesien word as gemanipuleer en deurspek met foute, sal beveg.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This