Outomatiese Biometriese Identifikasiestelsel bekend gestel

"ZUMA SE STELLING WAS VERKEERD VERSTAAN" - MALUSI GIGABA

Die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, het vandag die departement se Outomatiese Biometriese Identifikasiestelsel in Kaapstad bekend gestel.

Die stelsel gebruik unieke biologiese eienskappe soos gesigsherkenning om mense te identifiseer.

Gigaba sê die projek bevorder die modernisering en transformasie van die regering se identifikasiestelsel.

Hy het bygevoeg dat die projek in fases oor die volgende vyf jaar ingestel sal word.

 

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This