Owerhede in Brittanje ondersoek nog ‘n tereur-aanval

Owerhede in Brittanje ondersoek nog ‘n tereur-aanvalCharlie Rowley en Dawn Sturgess. Foto: The Times

Die Britse polisie het bevestig dat ʼn man en vrou wat verlede naweek in Wiltshire in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem is, blootgestel was aan die senumiddel Novichok, wat in Maart ook gebruik is in die aanval op die voormalige Russiese dubbelagent, Sergei Skripal en sy dogter Yulia in die naburige Salisbury.

Charlie Rowley en Dawn Sturgess is Saterdag bewusteloos aangetref in ʼn huis in Amesbury.

Die polisie wou nie bespiegel of hulle spesifieke teikens was nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This