Parlementêre komitee vergader om OB se rol te bespreek

Parlementêre komitee vergader om OB se rol te bespreek

Die parlementêre komitee oor Justisie en Korrektiewe Dienste sal vandag
vergader om die DA se versoek te oorweeg om die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, uit haar pos te verwyder.

Die party sê dit is vir lank genoeg duidelik dat sy erg onbevoeg is om die amp te beklee en hy het in September verlede jaar reeds die speaker versoek om stappe te doen om haar te verwyder.

Die DA sê die verskriklike swak gehalte van Mkhwebane se werk spreek vanself.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé