Parys-meesterbrein vasgetrek

Rosestad 100.6 Nuus Salah AbdeslamSalah Abdeslam (FOTO: Mirror)

Een van die vermeende baasbreine van die terreuraanvalle in Parys in November verlede jaar waarin 130 mense dood is, is in Brussel gewond en vasgetrek.

Die Belgiese minister van binnelandse sake het bevestig dat Salah Abdeslam gearresteer is.

Abdeslam se vingerafdrukke is Dinsdag in ‘n woonstel in die Belgiese hoofstad gekry.

Hy het van Parys na Brussel in ‘n motor gevlug ure ná die terreuraanvalle.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This