Pensioentrekkers: Transnet se besware van die hand gewys

Pensioentrekkers: Transnet se besware van die hand gewys

In nog ’n stap vorentoe vir die eis van sowat R80 miljard wat pensioentrekkers van Transnet teen die staatsonderneming wil instel, het die hooggeregshof in Pretoria gister die meeste van Transnet se besware teen die pensioentrekkers se eis van die hand gewys.

Dit beteken die pensioentrekkers kan voortgaan met hul eis, maar hulle het 14 dae tyd om sekere aspekte in hul eis aan te pas.

Netwerk24 berig dat sodra die oorblywende kwessies opgelos is, ’n finale hofdatum vir die aanhoor van die eis vasgestel kan word.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "Pensioentrekkers: Transnet se besware van die hand gewys"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This