Pienaar-egpaar vermoor: 2 verdagtes vrygelaat

Pienaar-egpaar vermoor: 2 verdagtes vrygelaatAllan en Chrissie Pienaar. Foto: Netwerk24

Twee van die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is in verbrand met die moord op die Pienaar­-egpaar van Nigel Saterdagaand by hul huis in die woonbuurt Ferryvale, is vrygelaat.

Sers. Sibongile Ndlela, polisiewoordvoerder in Nigel, sê die hoofverdagte – ­­die 69-­jarige Allan en 65-­jarige Chrissie Pienaar se tuinwerker – het ná sy arrestasie Sondagoggend die twee ander mans uitgewys.

Allan is met 18 steekwonde in die kombuis gevind en Chrissie in ’n afvoerpyp buite die huis.

Die tuinwerker is daardie aand deur beamptes van die polisiekantoor in Duduza in die Pienaars se Kia Sorento voorgekeer.

Ndlela sê daar was geen bewyse wat die twee ander met die dubbelde moord verbind nie.

Die tuinwerker, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, word aangehou.

Netwerk24 berig hy het aansoek gedoen om regsadvies.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This