Plaasaanval: Bfn vrou steeds in hospitaal

Plaasaanval: Vrou met baksteen geslaan en geskiet

’n Bloemfonteinse vrou is steeds in die hospitaal nadat sy gister ure lank in
haar plaashuis net buite die stad deur vier gewapende mans aangehou en aangerand is.

Netwerk24 berig die mans het die 64-jarige Martie du Plessis van die plaas
Deyselsrust by haar huis ingewag nadat sy haar kleinkinders by die skool gaan
aflaai het.

Sy is verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek en vasgebind.

Sy het haar later losgewikkel en hulp ontbied.

Die booswigte het met twee sakke vol van haar besittings te voet gevlug.

Dit is die tweede aanval in die Vrystaat die afgelope ruk nadat Hendrik Roux en sy vrou, Marie, Sondagoggend deur drie mans op hul plaas Montana by Bethlehem aangeval is.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This