“Plaasaanval was ‘n loongeskil met hul werkgewer” – EFF

"Plaasaanval was 'n loongeskil met hul werkgewer" - EFFDie 72-jarige Loedie van der Westhuizen. Foto: Netwerk24

Die Ekonomiese Vryheidsvegters sê die twee mans wat dood is na afloop van ‘n beweerde plaasaanval was werkers wat in ’n loongeskil met hul werkgewer betrokke was en nie plaasaanvallers nie.

Vier boere word van moord op die twee werkers aangekla.

Die Vrystaatse leier van die EFF, Kgotso Morapela, het aan Netwerk24 gesê die twee het net hul uitstaande salarisse by die boer, die 72-jarige Loedie van der Westhuizen, gaan vra.

Van der Westhuizen wat op sy plaas Biesiesbult naby die Parystolhek aangeval is, ontken egter hy ken die twee mans.

Henk van de Graaf, assistenthoofbestuurder van TLU SA, sê daar is ‘n proses om te volg wanneer ’n werker nie sy salaris ontvang nie en dat dit geen verskoning is om mense aan te val nie.

Morapela het op sy beurt gesê die moorde op plaaswerkers is ’n ontstellende gewoonte van wit boere en volgens hom bewys dit dat boere swart plaaswerkers as diere ag.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This