Polisie het plan teen geslagsgegronde geweldpleging

SAPD soek interdik teen stakende werkers

Die minister van Polisie, Fikile Mbalula, het ‘n sespunt-plan bekend gestel teen geslagsgegronde geweldpleging.

Hy het in Eldoradopark, Johannesburg, gesê die plan moet verseker dat slagoffers beskerm word en sluit in dat hulle met respek behandel word en deur opgeleide polisielede ondervra word.

Statistiek Suid-Afrika het verlede jaar bekend gemaak dat een uit elke vyf Suid-Afrikaanse vroue ouer as agtien al fisiese geweld ondervind het.

Mbalula sê die hoë vlakke van geslagsgegronde geweldpleging eis meer geregsdienaars.

Anton Smith

Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This