Polisie in Noordwes steed opsoek na 3 ontsnapte gevangenes

Polisie in Noordwes steed opsoek na 3 ontsnapte gevangenes

Die polisie in Noordwes soek nog na drie verhoorafwagtende gevangenes wat eergister uit die selle van die Lehurutshe-­polisiekantoor naby Zeerust ontsnap het.

‘n Vierde een is kort ná die ontsnapping aangekeer.

Die polisie se kolonel Sabata Mokgwabone sê die gevangenes staan tereg op aanklagte van verkragting en die besit van gesteelde goedere en onwettige middels.

Intussen is drie van die sewe verhoorafwagtende gevangenes wat Dinsdag uit die aanhoudingselle van die Tzaneen­polisiekantoor in Limpopo ontsnap het, weer aangekeer.

Polisiewoordvoerder, luitenant-­kolonel Moatshe Ngoepe sê die soektog na die ander duur nog voort.

Hulle is vroeër vir gewapende roof, huisbraak en verkragting in hegtenis geneem.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "Polisie in Noordwes steed opsoek na 3 ontsnapte gevangenes"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This