Polisieduikers opsoek na motoris in vloedwater

Polisieduikers opsoek na motoris in vloedwater

Polisieduikers het vanoggend hulle soektog hervat na ‘n motoris wat gisteroggend deur vloedwater in Honingnestkrans in Pretoria-Noord meegesleur is.

Die 40-jarige Leon Strydom was op pad werk toe toe dit tydens swaar reën gebeur het.

Sy motor is vanoggend met ‘n trekker uit die rivier getrek.

Daar was niemand in die kar nie.

Polisiewoordvoerder, kaptein Riana van Aarde, sê een van die duikers het gister sy enkel gebreek toe hy deur die sterk stroom meegesleur is.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This