[POTGOOI] BFN BIED INTERNASIONALE DOWNSINDROOM SPELE AAN

Rosestad 100.6 Potgooi Brandpunt Internasionale Downsindroom spele

Bloemfontein spog aanstaande maand as gasheerstad vir die Wêreld Kampioenskappe vir atlete met Down Sindroom. 120 Atlete van regoor die wêreld word in die Rosestad verwag vir die kampioenskappe wat tussen 21 en 27 November aangebied word. Anton Smith het in Brandpunt gesêls met die President van die Suid-Afrikaanse Sport Assosiasie vir Intellektueel Gestremdes (SASA0 oor die kampioenskappe, Lizzie Vogel.

Anton Smith
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Be the first to comment on "[POTGOOI] BFN BIED INTERNASIONALE DOWNSINDROOM SPELE AAN"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This