[POTGOOI]: DIENSKOMMISSIE DOEN INSPEKSIE BY LESOTHO-GRENSPOS

Rosestad 100.6 Brandpunt Potgooi Lestoho grens inspeksie

Die Suid-Afrikaanse Openbare Dienskommissie gaan eerskomende Vrydag `n diensleweringsinspeksie doen by die Maseru Grenspos in die Vrystaat.

Die inspeksie volg op mediaberigte en klagtes deur die publiek oor probleme wat by die grenspos ervaar word.

Brandpunt het met Henk Boshoff, die Kommissaris van die Openbare Dienskommissie gepraat.

Anton Smith
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Be the first to comment on "[POTGOOI]: DIENSKOMMISSIE DOEN INSPEKSIE BY LESOTHO-GRENSPOS"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This