[POTGOOI] FEDSAS BESORGD OOR NUWE DATUMS VIR ANA-TOETSE

Rosestad 100.6 Potgooi ANA-toetse gaan voort, maar...

Die ANA-vraestelle gaan wel gedurende Desember by skole afgelê word. Dit, ten spyte van verskeie pleidooie om dit nie te laat voortgaan nie.  Brandpunt het gepraat met Dr. Jaco Deacon, Adjunk-uitvoerende beampte van die Federasie van Skolebeheerliggame van Suid-Afrika, Fedsas, om te verneem wat sy reaksie hierop is:

Anton Smith
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Be the first to comment on "[POTGOOI] FEDSAS BESORGD OOR NUWE DATUMS VIR ANA-TOETSE"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This