POTGOOI: ‘MUNISIPALITEITE DRA MIN BY TOT BRANDBESTRYDING’

Rosestad 100.6 Nuus Potgooi Brandpunt Veldbrande Munisipaliteite Thinus Steenkamp 1

Die Vrystaatse sambreel-brandbestrydingsvereniging sê plaaslike owerhede gee min ondersteuning om brande in die provinsie te bestry.

Meer as 25 duisend hektaar is reeds verwoes in meer as 50 brande wat gedurende die afgelope brandseisoen in die provinsie voorgekom het.

Munisipaliteite word wetlik verplig om lid te wees van ‘n plaaslike brandbestrydingsvereninging, maar volgens die vereniging se voorsitter, Thinus Steenkamp, kom nie een Vrystaatse munisipaliteit  die wet na nie.

Steenkamp sê hoewel sommige munisipaliteite reeds belasting op landbougrond hef, word daardie fonds deel van die staatskoffers en baat landbouers nie daarby nie.

Luister volledige potgooi:

 

 

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "POTGOOI: ‘MUNISIPALITEITE DRA MIN BY TOT BRANDBESTRYDING’"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This