Pous Franciscus het omtrent ’n opskudding veroorsaak toe hy vroeër die maand op sy Twitter-rekening aangekondig het dat hy ook ’n Instagram-rekening oopgemaak het.
Die pous se Twitter-volgelinge het onmiddellik op dié nuus reageer.
Van sy 8,94 miljoen Twitter-volgelinge, wat hom op sy Engelse Twitter-rekening volg, het meer as 17 000 mense sy twiet hertwiet, terwyl meer as 44 000 mense aangedui het dat hulle van sy twiet hou.
Die pous het tot dusver net sewe foto’s op Instagram gedeel.
Hy volg niemand op Instagram nie, maar het reeds 1.8 miljoen volgelinge.