Ramaphosa gee onderneming dat die Jacob Zuma-kwessie vandag afgehandel sal word

Ramaphosa gee onderneming dat die Jacob Zuma-kwessie vandag afgehandel sal wordFoto: Metro News

Cyril Ramaphosa het onderneem dat vandag se vergadering van die ANC se
nasionale uitvoerende komitee in Pretoria, die kwessies sal oplos rondom president Jacob Zuma se vertrek en die oorgangsproses.

Die president van die ANC het honderde mense toegespreek wat gister op die Parade in Kaapstad saamgetrek het vir die bekendstelling van die Nelson Mandela-eeufeesviering.

Ramaphosa sê ʼn aankondiging sal ná die vergadering gedoen word.

Intussen het ʼn groep ANC-lede aangekondig dat hulle Pretoria vandag tot stilstand gaan dwing deur betogings om druk uit te voer op Zuma om te bedank.

Die sogenaamde Zuma-must-go-beweging het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om op te ruk na die Uniegebou.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This