Die waarnemende rektor van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, professor Fika Janse van Rensburg, het in ‘n ope brief gewaarsku dat ontwrigting en uitsprake van rassehaat deur die swart studente-organisasie, ReformPuk, nie sal geduld word nie.
Hy sê die universiteit se aansien kan nie deur leuens en halwe waarhede skade aangedoen word om ’n eie agenda te bevorder nie.
Janse van Rensburg sê dit staan ReformPuk vry om met studentestrukture te affilieer, maar hy doen dit nie.
Dié organisasie het die laaste tyd by verskeie geleenthede die kampus probeer ontwrig.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.