Reddingsplan vir die SAUK deur minister van kommunikasie voorgehou

SAUK: Befondsingsmodel, programme word hersien

Die minister van Kommunikasie, Nomvula Mokonyane, sê haar departement is vasbeslote om die SAUK se finansiële bestendigheid en redaksionele geloofwaardigheid te herstel.

Sy het in die parlement gesê die departement sal ondersoek instel na die SAUK se mandaat as openbare uitsaaier, sowel as sy grootte en reikwydte, en beheer en aanspreeklikheid.

Sy sê die aantal kwessies wat ter sprake is, vereis behoorlike fokus sodat die SAUK ‘n uitsaaier met integriteit kan wees.

Sy sê bykomende hulpbronne moet ook ontgin word sodat die SAUK nie van die tesourie afhanklik is nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This