Reddingswerk om oorblywende seuns uit grot te red, hervat later vandag

Reddingswerk om oorblywende seuns uit grot te red, hervat later vandag

Die senutergende taak om nog agt seuns en hul jong sokkerafrigter uit ‘n grot in Thailand te bevry sal later vandag hervat word.

Gespesialiseerde duikers het gister vier seuns uit die grot gelei.

Weining besonderhede oor die toestand van die seuns is bekendgemaak.

Ouers wag buite die grot in afwagting op enige nuus oor die reddingsoperasie.

Die grootste uitdaging vir die seuns is om in die donker onder water te swem, sonder dat hulle behoorlike duikopleiding ontvang het.

Die media word nie by die grot of by die hospitaal toegelaat waar die seuns opgeneem word nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This