REGERING BEGIN SKULD AANVAAR VIR PRASA LOKOMOTIEWE

REGERING BEGIN SKULD AANVAAR VIR PRASA LOKOMOTIEWE

Die Suid-Afrikaanse regering begin skuld aanvaar vir die Afro4000-fiasko waar 70 Spaanse lokomotiewe aangekoop is sonder dat hul versoenbaarheid met die plaaslike spoorwegnetwerk ondersoek is.

Netwerk24 berig Dipuo Peters, minister van vervoer, het erken die lokomotiewe wat aangekoop het, is van Spanje en dat Suid-Afrika en Europa se stelsels nie noodwendig dieselfde is nie.

Peters het in antwoord op  ’n  vraag oor of die geld wat die Passassierspooragentskap, Prasa, aan die te groot lokomotiewe bestee het, vermors is, gesê die reguleerder van spoorveiligheid toets nou die lokomotiewe en dat die reguleerder later ’n verslag aan Transnet en Prasa sal oorhandig.

 

 

 

 

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "REGERING BEGIN SKULD AANVAAR VIR PRASA LOKOMOTIEWE"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This