Die nuutverkose voorsitter van Graan SA, Jaco Minnaar, sê die regering gaan ‘n besluit moet neem om in te gryp en Suid-Afrikaanse boere te help, of om vir die volgende twee tot drie jaar kos in te voer en voedselsekuriteit op te offer.
Minnaar neem die leisels van dié organisasie op die moeilikste tyd denkbaar oor terwyl die ergste droogte in 105 daartoe lei dat bankrotskap talle graanboere in die gesig staar.
Hy sê boere se grootste uitdaging oor die volgende paar jaar sal wees om hulle aan te pas by ’n wêreld wat vinnig verander en hoe graanprodusente daarby sal aanpas.
Graan SA wil self ook boere bystaan wat weens die droogte in die moeilikheid is.
Netwerk24 berig die organisasie glo dat waarborge vir skuld en ’n loonsubsidie boere kan help om geldelik te oorleef.