Regter Willem Edeling sterf

Rosestad 100.6 Nuus Willem Edeling

Die 82­jarige Regter Willem Edeling, een van die groot geeste van die Suid­Afrikaanse regbank, het Dinsdagoggend sy stryd teen nierversaking verloor.

Edeling, wat hom in sy studentejare ook as vegvlieënier bekwaam het, is die laaste tyd tuis op hul kleinhoewe buite Bloemfontein deur sy vrou, Runa, verpleeg.

Nadat hy sy LLB­graad behaal het, is hy in 1959 as advokaat toegelaat.

Hy word deur sy vrou, vier kinders, nege kleinkinders en drie agterkleinkinders

oorleef. Netwerk24 berig die begrafnisreëlings sal later aangekondig word.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "Regter Willem Edeling sterf"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This