Reisigers na die buiteland word aangemoedig om hulle lande van bestemming na te fors

Reisigers na die buiteland word aangemoedig om hulle lande van bestemming na te fors

Internasionale Betrekkinge het Suid-Afrikaners aangemoedig om navorsing te
doen oor die lande wat hulle besoek.

Dit volg nadat ʼn groep van 51 Suid-Afrikaanse onderwysers vir meer as drie maande in Sjina aangehou is vir die oortreding van dié Asiatiese land se immigrasiewette.

Die departement sê 824 Suid-Afrikaners is in oorsese gevangenisse.

Adjunkminister Reginah Mhaule sê as deel van hulle Reis Slim-veldtog sal hulle burgers inlig oor konsulêre dienste wat deur Suid-Afrikaanse sendings in die buiteland aangebied word.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This