Reuse finansiële steun vir SA atleet na aanval

Reuse finansiële steun vir SA atleet na aanvalFoto: SowetanLIVE

Die openbare fondsinsamelingsveldtog vir die driekampatleet, Mhlengi Gwala, het nou reeds meer as R600 000 ingesamel.

Die veldtog is van stapel gestuur nadat Gwala Dinsdag met ʼn kettingsaag aangeval is terwyl hy naby die Universiteit van KwaZulu-Natal geoefen het.

Die aanvallers het daarin geslaag om deur die spiere, senuwee en are van sy been te sny en hy het Woensdag ʼn suksesvolle nege uurlange operasie ondergaan om die skade te herstel.

Nog ʼn operasie mag nodig wees.

Niemand is nog in hegtenisgeneem nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This