ROOK IN OPENBARE PLEKKE DALK EERSDAAGS ONWETTIG

Rosestad 100.6 Nuus Aaron Motsoaledi

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi sê die regering wil ‘n totale verbod plaas op rook in openbare plekke.

Motsoaledi sê rook veroorsaak gesondheidsprobleme wat druk plaas op die gesondheidstelsel.

Hy is gekant teen rookgebiede in restaurante, lughawens en veral hospitale.

Hy het gepraat by ‘n geleentheid om ‘n nuwe 24-uur gesondheids-televisiekanaal in Alexandra, noord van Johannesburg van stapel te stuur.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This