ROWERS SLAAN TOE OP BEKENDE KRUIEWINKEL IN VS

ROSESTAD 100.6 NUUS ROWERS SWALUKRANS

Gewapende rowers het vanoggend op die bekende Swalukrans kruiewinkel op Virginia in die Vrystaat toegeslaan maar moes met leë hande vlug.

Die huishulp is oorval terwyl sy besig was om wasgoed op te hang en gedwing om die kluis uit te wys.

Hulle kon egter nie die kluis kry nie en het uit die plaashuis geloop waarop die bediende begin skreeu het toe sy die eienaars se motor sien aankom het.

Vier van die boewe is met behulp van ‘n private helikopter opgespoor terwyl agt ander verdagtes ook in die omgewing in hegtenis geneem is.

 

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This