SA se lomp staatsdiens `n krisis op politieke en ekonomiese gebied

SA se lomp staatsdiens `n krisis op politieke en ekonomiese gebied

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se gedyende staatsdiens met
ʼn salarisrekening wat nie alleen inflasie verbygesteek het nie, maar ook
loonverhogings in die privaatsektor, het ʼn reuseprobleem op politieke en
ekonomiese gebied geword.

Die regering en vakbonde onderhandel tans ʼn nuwe loonooreenkoms vir staatsamptenare.

Die hoof van politiek en staatsbestuur by die instituut, Gareth van Onselen, sê die samesprekings is ʼn toets vir president Cyril Ramaphosa se bewind.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This