“SA wil die verwydering van Zuma hê”

Maimane dien klagte in teen Zuma, Guptas en ministers

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het die ANC daarvan beskuldig dat hulle
partyeenheid kies ten koste van die land as gevolg van die wyse waarop hulle die samesprekings oor President Jacob Zuma se uittrede hanteer het.

Maimane het vandag tydens ʼn mediavoorligting in Kaapstad gesê Suid-Afrikaners wil hê geregtigheid moet geskied en nie dat daar ʼn tipe van amnestieooreenkoms met Zuma gesluit word nie.

Hy sê die mosie van wantroue in die Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille sal Donderdag voortgaan.

De Lille, wat van korrupsie beskuldig word, het die Wes-Kaapse Hooggeregshof gevra om te verseker dat daar ʼn geheime stemming is in die mosie van wantroue in haar.

Maimane sê nuwe leierskap in die metro is nodig om vertroue te herstel.

Die ANC Jeugliga sê intussen enige partylede wat aan vandag se sogenaamde nasionale afsluiting deelneem gedissiplineer moet word.

ʼn Groep wat hulleself die “Zuma must Go”-beweging noem, het Suid-Afrikaners aangespoor om na die Uniegebou op te ruk om president Zuma te dwing om te bedank.

Die party het ʼn spesiale nasionale uitvoerende komiteevergadering vir vandag belê om Zuma se herroeping te bespreek, nadat die president vroeër geweier het om vrywillig uit te tree toe hy deur die ANC se top-ses aangesê is.

Die liga se sekretarisgeneraal, Njabulo Nzuza, sê hulle gaan die betogings stop.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.