Die saak teen ‘n 35-jarige man wat die naweek in hegtenis geneem is in verband met die verkragting van ‘n vrou by die Rhodes-gedenkteken naby die Universiteit van Kaapstad, is tot Vrydag uitgestel.
Hy het vanoggend in die landdroshof in Wynberg, Kaapstad, verskyn.
Die staat het aangevoer dat die beskuldigde al voorheen agter tralies was, en dat hulle ‘n borgtogaansoek sal teenstaan.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.