Sadou: hoof van Motheo-kollege moet verwyder word

Sadou: hoof van Motheo-kollege moet verwyder word

Die Suid­-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) eis dat die hoof van die Motheo-­kollege vir Voortgesette Onderwys in Bloemfontein, Dipiloane Phutsisi, onmiddellik uit haar amp verwyder word.

Netwerk24 berig Sadou beskuldig Phutsisi onder meer van erge korrupsie, nepotisme en die viktimisering van lede van dié vakbond.

Sadou voer aan Phutsisi het haarself tot ’n status van onaantasbaarheid verhef en volhard met haar intimidasie en uitskuif van vakbondlede.

Die vakbond wil ook hê die kollege moet dosente en ander werknemers wat in tugverhore vrygespreek is, weer in diens neem.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This