SAID het beslag gelê op R21 miljoen se dwelms die week

SAID het beslag gelê op R21 miljoen se dwelms die week

Doeane­-amptenare van die Suid­-Afrikaanse Inkomstediens het die week beslag gelê op dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van R21­ miljoen.

Die SAID sê in ‘n verklaring dit word toegeskryf aan moderne skanderingstoerusting, ‘n hoogs-­opgeleide honde­eenheid, toegewyde doeane­-amptenare en samewerking met die Valke en die polisie.

By die O.R Tambo Internasionale Lughawe by Kemptonpark alleen is R17­,4­ miljoen se dwelms, waaronder kokaïen, heroïen, CAT en dagga, gekonfiskeer.

By die Groblersbrug­-grenspos is daar in ‘n gesamentlike operasie van die Inkomstediens en die polisie ook die week beslag gelê op onwettige sigarette ter waarde van R3,6 miljoen.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This