SAPD soek interdik teen stakende werkers

SAPD soek interdik teen stakende werkers

Die SA Polisiediens gaan vandag die Arbeidshof vra vir ‘n interdik teen stakende werkers in sy oproepsentrums.

Die SAPD sê stakende lede van die vakbond Sapu intimideer nie-stakende kollegas in die sentrum in Midrand, Gauteng.

Sapu het beloof om die staking uit te brei en sê sy lede is nie bereid om langer onderbetaal te word nie.

Die polisie sê gebeurlikheidsplanne is beraam om te verhoed dat die noodnommer 10111 ontwrig word.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This