Saru kry regsadvies om geen tugstappe teen Roux te neem nie

Saru kry regsadvies om geen tugstappe teen Roux te neem nie

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se uitvoerende komitee (UK) het regsadvies ontvang wat hom noop om tans geen tugstappe teen sy beleërde uitvoerende hoof, Jurie Roux, te neem nie.

Die plaaslike beheerliggaam was onder druk uit sekere geledere om op te tree teen Roux nadat besonderhede van moontlike finansiële wanbestuur by sy vorige werkgewer, die Universiteit Stellenbosch (US), aan die lig gekom het.

Adv. Susan Cilliers en Prof Michael Katz, verteenwoordigers van die regsfirma ENSafrica wat versoek is om Saru se heraanstelling van Roux in 2014 te hersien, het bevind die UK het regmatig opgetree.

Netwerk24 berig luidens ’n verklaring is bevind Saru het sy vertrouensfunskie volledig nagekom en is die beheerliggaam ook gewaarsku dat hy arbeidswetgewing sou oortree as Roux geskors word op grond van derdeparty-persepsies en die besonderhede van die KPMG-verslag, wat nog nie in ‘n hof getoets is nie.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This