Sassa se CPS-verbintenis binnekort verbreek

Sassa ontplooi personeel by betaalpunte

Die agentskap vir maatskaplike sekerheid, Sassa, sê hy vorder goed om sy
kontrak met die diensverskaffer Cash Paymaster Services te beëindig vóór die spertyd wat die Konstitusionele Hof aan hom gestel het.

Sassa het aan die Parlement se komitee vir Maatskaplike Ontwikkeling gesê hy hoop dat CPS se huidige Sassa-kaarte teen einde Augustus vervang sal wees.

Die agentskap se bestuurder, Raphaahle Ramokgopa, sê hulle wil eers die kaarte van begunstigdes vervang wat hul geld by betaalpunte ontvang.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé