Sharapova gaan aan Chinese Ope deelneem

Sharapova gaan aan Chinese Ope deelneem

Maria Sharapova het die uitnodiging aanvaar om vir die sewende keer aan die Chinese Ope in Beijing deel te neem.

Sharapova wat reeds vyf keer Grand Slam-kampioen was het Wimbledon en die hele grasbaan-seisoen misgeloop as gevolg van ʼn dybesering.

Sy is ook verlede week as gevolg van ʼn armbeweging gedwing om te onttrek van haar terugkeertoernooi in Stanford.

Die Rus het tot dusver slegs vier toernooie gespeel sedert sy in April ná ʼn opkikkerverbanning van vyftien maande teruggekeer het.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This