Sisi Ntombela word Woensdag ingehuldig

Sisi Ntombela word Woensdag ingehuldig

Die nuwe Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, voormalige LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, word Woensdag in die Vrystaat-stadion ingehuldig.

Netwerk24 berig Ntombela sal môre-oggend amptelik weet of sy die nuwe provinsiale leier is sou sy om 10:00 in die Vrystaatse wetgewer tot premier verkies word.

Ntombela is reeds deur die Vrystaatse ANC aangewys as die nuwe premier, maar sy moet nog amptelik tot die amp verkies word.

Dit sal terselfdertyd ook die afskeidsgeselligheid vir die uitgaande Vrystaatse premier, Ace Magashule, wees.

Hy is in Desember op die Nasrec-konferensie tot sekretaris-generaal van die ANC verkies en sal binnekort heeltyds by Luthuli-huis in Johannesburg werk.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This