SKOKKENDE TOESTANDE VAN VS DAMME

SKOKKENDE TOESTANDE VAN VS DAMME

Die huidige stand van Vrystaatse damme is skokkend, met damme regoor die provinsie wat werklik in die voortslepende droogte swaar trek.

Netwerk24 berig dat damme volgens die departement van waterwese en sanitasie uiters moeilike toestande beleef vergeleke verlede jaar hierdie tyd.

Bekende damme soos die Allemanskraaldam staan nou op 14,3%, terwyl dit verlede jaar 34,7% vol was; Bloemhofdam staan dié week op 37,2%, terwyl dit verlede jaar 76,2% was; die Erfenisdam staan vandeesweek op 15%, terwyl dit verlede jaar die tyd op 39,4% gestaan het.

Die Gariepdam staan nou op 54,4%, terwyl dit verlede jaar 71,2% was en Koppiesdam staan op 56,8%, teenoor verlede jaar se 69%.

Die Krugersdriftdam staan nou op 27,1%, teenoor verlede jaar se 64,5%.

Die Rustfonteindam staan nou op 19,3% teenoor verlede jaar se 22,6%.

Die Tierpoortdam naby Bloemfontein staan op 0%, teenoor verlede jaar se 0,4% en die Vaaldam staan op 53,8%, teenoor verlede jaar se 79%.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This